Vereeniging Korps

Vereeniging

Vereeniging korps

Lidmaatskap

Van die lede was lede was van die destydse Junior Rapportryers. Uit hierdie geledere kom oud president FW de Klerk wat as prokureur gepraktiseer het in Vereeniging. Die gemiddelde ouderdom van die lede is tans 68 jaar, en hulle woon en werk in die Vaaldriehoek.


Aktiwiteite

Tydens die maandelikse byeenkomste geniet ons ‘n heerlike ete saam met die gades en nooi ook vriende van die korps. ‘n Spreker praat oor ‘n aktuele onderwerp in ‘n poging om ons “ingelig” te hou. Een van hierdie byeenkomste is ‘n Rally. Dit sluit onderweg-besoeke aan interesante plekke in en eindig by ‘n spesiale plek waar die prysuitdeling en kuier volg.

Ons hoofprojek is die jaarlikse DapperKnaap kamp wat gedurende die Maart skoolvakansie aangebied word in aansluiting by die nasionale Ouboet-projek. Die kampe was aangebied vanaf 2015. Etlike Laerskole in die Vaaldriehoek help met die identifisering van die kandidate. Die kamp word geborg en ondersteun deur lede en “vriende van die korps.” Aanvullend het ons in samewerking met Solidariteit ‘n groep “DapperKnape” uit die 2015/2017 groepe, vir ‘n uitstappie na Soltech se opleidings kollege geneem vir blootstelling en hulp met loopbaan keuses.

‘n Kontrei-konsert waaraan ‘n verskeidenheid plaaslike kunstenaars deelgeneem het, was in 2018 en 2019 aangebied. 2020 was deur die COVID pandemie gepootjie.

Die korps is deel van die VaaldriehoekKultuurnetwerk, die FAK se poging om verskillende kultuur-aksies in netwerke saam te bring en te ondersteun.

Bakkiesblad skakel.

Kontakbesonderhede:

  • Voorsitter

    Corrie Underhay
    0833028539
    corrie@uspower.co.za

  • Sekretaris

    Alex Douglas
    0828079880
    a.hendrik.douglas@gmail.com

Kontak ons: