Rapportryerbeweging
Knapsak 32
Knapsak 31
Kom neem gerus deel aan 2020 se Bybelvasvra!
Leerlinge tot Graad 7 kan spanne vorm en inskryf.
Klik op Bybelvasvra vir al die inligting. Skrifgedeeltes en Vraesel inligting vir Juniors en Seniors is nou daar beskikbaar om af te laai.
Bybelvasvra: Belangrike datums 2020
Skrifgedeeltes beskikbaar |
November 2019 |
Laaste dag vir inskrywings |
22 April 2020 |
1ste Rondte |
14 tot 19 Mei 2020 |
Punte 1ste Rondte |
1 Junie 2020 (op die laatste) |
2de Rondte |
20 tot 25 Augustus 2020 |
Punte 2de Rondte |
7 Septmber 2020 (op die laatste) |
Finale Rondte (Top 10 spanne) |
16 tot 18 Oktober 2020 |
Die Bybelvasvra se doel is die bevordering van die jeug se liefde vir die Bybel en Bybelstudie, die bevordering van hul kennis en hanteringsvermoë van die Bybel, asook die bevordering van hul kommunikasie- en samewerkingsvermoë.
Die lewe gaan oor meer as net wen, en dit is juis waarom ons u wil aanmoedig, om soveel moontlik kinders die geleentheid te bied om deel te neem. Die gedagte is juis dat elke kind wat deelneem, die mense rondom hom/haar ook positief kan beïnvloed en die Woord só uitgedra word - veel verder as net die skool en die afrigter, maar ook gesinne.