Knapsak 27

Geagte Rapportryers en vriende,

Oktober is nie net die “mooiste” maand nie, maar ook die maand wanneer die finaal van die Bybelvasvra plaasvind! In hierdie Knapsak word dus berig oor hierdie jaar se Finaal wat weer plaasgevind het by die Olifants River Lodge, Middelburg, Mpumalanga, die naweek van 19 tot 21 Oktober 2018.

Knap2701

 

Kenmekaar:

 

Knap2703

Die Eindstryd:

 

Begin die stryd op die regte manier!

Daarna ............ die stryd!

Elke span het ʼn unieke manier om beslag te gee aan die spanpoging!

As die stoele te warm word!

Die leerder in die voorgrond is erg gesiggestremd, maar neem met GROOT toewyding deel!

Die afrigters is nou net toeskouers na ʼn jaar (en meer) se harde werk!

Elkeen het haar eie manier om die spanning te verwerk en te verbloem!

Glansgeleentheid en Prystoekennings:

 

 

Van die eregaste!

Janco Mocke lei die groep om begeesterd te raak met musiek en beweging

Kyk net die pryse!

President Johan Roos aan die woord

Die wisseltrofee vir die wenners

Die 2018 wenspan, Laerskool Hennopspark 3!

Kyk net die sterre in die oë!

Spanlede: Jaden Mac Donald, Richardt Jordaan, Karli Jordaan, Annabel Mosdell

Afrigters: Linda Schroeder, Herma du Plessis, Angelique Smal

PRYSE BY DIE FINAAL:

 

• Eerste plek:

Laerskool Hennopspark 3. Ontvang die wisseltrofee, luukse Bybel en trofeetjie vir elke spanlid en R4 000 kontantprys aan die skool.

• Tweede plek:

Laerskool Randhart 1. Ontvang R3 000 kontantprys aan die skool.

• Derde plek:

Laerskool Hennopspark 2. Ontvang R2 000 kontantprys aan die skool.

• Alle finaliste:

Ontvang ʼn Bybel en geskenkpak van die Bybelgenootskap en gepaste sertifikate. Hulle word ook uitgereik met ʼn RRB gholfhempie.

   

2019 BYBELVASVRA FINAAL

 

Die aap is uit die mou: Die veertigste bestaansjaarviering gaan in Hartenbos plaasvind danksy die goedgesindheid en samewerking van die ATKV!

Die wiele is reeds fluks aan die rol met die voorbereidings vir hierdie geskiedkundige mylpaal. Sonder om die sluier te veel te lig, kan ek meedeel dat pryse beter gaan lyk en dat al tien finalis-spanne daarin gaan deel!

   

Rapportryergroete!

 

Danie Eichstädt