Knapsak 17

INLEIDING

Ons nader alweer die einde van nog ‘n jaar. Dit is gepas om ‘n bietjie in die tru-spieël te kyk en selfondersoek te doen na die mate waarin ons geslaag het om die voornemens vir hierdie jaar ten uitvoer te bring.

Watter bydrae het ék gelewer om beslag te help gee aan die besluite van die Rapportryerraad soos opgesom in Knapsak 16?

  • Het ék positiewe insette gelewer om die RRB se jeugfokus tot doelgerigte opwindende uitkomste te lei en jongmense na die RRB te lok?
  • Is ék aktief betrokke by bestaande jeug-aksies soos die Bybelvasvra vir laerskole en Ouboet-,  Ousus-projekte?
  • Het ék my stem dikgemaak indien my provinsie nog nie ‘n provinsiale reglement het nie en nog geen provinsiale beraad beplan is nie?
  • Het ék my korpsbestuur aangetree indien nog geen besluit geneem is om R1 000 te bewillig vir die provinsiale voorsitter se korpsbesoeke nie?
  • Het ék doelbewus ‘n tydjie afgeknyp om te sit en dink wat ék kan doen om nuwe lede te werf, kontakte in buurdorpe te identifiseer met die oog op nuwe korpstigtings en weer nuwe opwinding in my eie korps te bewerkstellig?
  • Het ék, wat lief is vir en nostalgies is oor ons kosbare liedereskat, tyd gemaak om te besin oor die versoek om die sing daarvan by openbare geleenthede meer gebruiksvriendelik te maak?
  • Is ék bereid om eienaarskap te aanvaar vir die RRB se groei, dinamiek en voortbestaan of laat ek dit argeloos en passief maar liefs aan ander oor?

BYBELVASVRA

Die Bybelvasvra het gedurende die naweek van 21 tot 23 Oktober 2016 te Olifants River Lodge, Middelburg, weereens met ‘n groot hoogtepunt afgesluit.  Hierdie jaar se vasvra-kompetisie is suksesvol geloods deur Ruurd van der Wal, bygestaan deur Hennie Schmidt. Die naweek is terdeë geniet deur die tien spanne wat na die finale rondte deurgedring het en hul afrigters. Daar was genoeg spanning (en selfs trane!), maar ook ruimte vir pret en plesier by ‘n pragtige ontspanningsoord met uitstekende geriewe!


                                                                                    President Johan Roos, Ingrid en Hennie Schmidt

Knap1704.jpg

Knap1705.jpg

Ken mekaar speletjies

Die drie wenspanne was behoorlik kop-aan-kop en die wenner (Randhart 1, Alberton) het slegs met ‘n halwe punt geseëvier, terwyl die ander (Monumentpark 2, Centurion en Mooirivier 1, Potchefstroom) die tweede plek moes deel!

Provinsiale wenspanne (wat nie onder die top-tien geëindig het nie) ontvang elk R600 en wensertifikate. Hulle is die volgende:

Gauteng:              Elarduspark 2, Pretoria

Limpopo:             Thabazimbi 2, Thabazimbi

Mpumalanga:      Goedehoop 2, Secunda

Natal:                   Drakensberg 2, Newcastle

Noordkaap:         Springbok 1, Springbok

Noordwes:           Proteapark 5, Rustenburg

Oos-Kaap:           Stulting 1, Humansdorp

Vrystaat:              Jordania 1, Bethlehem

Weskaap:             Eversdal 1, Eversdal

Knap1706.jpgKnap1707.jpg

Knap1708.jpg

GROOT konsentrasie!

Al gewonder wat ontvang die wenspanne en die ander  7 finaliste behalwe ‘n lekker uitspan-naweek?

Wenner:               R4 000 kontant, wensertifikate, spesiale Bybel vir elke spanlid en afrigter en

                             die indrukwekkende wisseltrofee vir een jaar.

Naaswenner:      R3 000 kontant, 2e pleksertifikate, spesiale Bybel vir elke spanlid en afrigter.

Derde Plek:         R2 000 kontant, 3e pleksertifikaat, spesiale Bybel vir elke spanlid en afrigter.

7 ander finaliste: Sertifikate en spesiale Bybel aan elke spanlid en afrigter.

As finaliste word die spanne natuurlik ook nog deur hul onderskeie skole op allerlei wyses vereer en bederf.

Knap1709.jpgKnap1710.jpg

                 Die Bybelvasvra wisseltrofee                                                                          Eregaste!

Knap1711.jpgKnap1712.jpg

    Kyk net die balkies! Presteerders oor ‘n wye front!                             Bybels ook vir elke spanlid van die 7 ander spanne.

Knap1713.jpg

Randhart 1, Alberton – 2016-WENNERS!

Op die foto: Johan Roos, Retha van Aswegen (afrigter), Inge Coetzee,

Esta Barnard (afrigter), Chanté du Preez, Timothy de Vries, Nico Olivier.

 

Die juniorkompetisie se oogmerk was uit die staanspoor om die jonger outjies ‘n makliker intreevlak te bied met die oog op latere volwaardige deelname. Dit was dus nooit bedoel om ‘n afsonderlike kompetisie te wees nie. Daar is egter besluit om tóg die span wat nasionaal die beste presteer, te vereer met ‘n toekenning van R600 en wensertifikate vir elke spanlid. Hierdie jaar se wenspan is Garsfontein 3, Pretoria.

Knap1714.jpg

Erkenning deur die President, Johan Roos, aan André en

Ronell Dowling vir 10 jaar se toewyding  aan die Bybelvasvra.

Elkeen het ‘n besonderse naslaan- en studie-

Bybel ontvang.

 

KORPSNUUS:

Graaff-Reinet Koeksusters:

Hierdie korps beweeg voorwaar van een skeppende en opwindende aksie na die ander!

Projek Ounooi!

Die korps het drie Graad 12-meisies identifiseer en bygestaan met hul voorbereiding vir die Hoër Volkskool-matriekafskeid. Hulle is deur die korpslede gepamperlang met versorging van hare, naels, kleding, juwele en bykomstighede, asook ‘n fotosessie.


Knap1715.jpgKnap1716.jpg

       Minette Potgieter (korpslid), Natasha Mostert (matriekmeisie),

        Diane Bertram (korpslid) en Marlee Smith (korpsvoorsitter)

 

Caledon:

Knap1717.jpg

Die korps vervul elke jaar ‘n prominente rol met die aanbieding van

die Canola motofiets-pretrit wat steeds groter belangstelling ontvang.

Boekenhout:

Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat hier GROOT dinge plaasgevind het tydens die “Paul Krugerfees” op Boekenhoutfontein, maar waar is die foto’s en besonderhede??

Namens die President en die Rapportryerraad wens ek elke lid van die RRB ‘n aangename rus- en feestyd toe. Mag die viering van Christus se koms na die Aarde en die dieper betekenis daarvan, opnuut vars en diepe inslag vind in elkeen se hart en lewe.

Rapportryergroete!

Danie Eichstädt

Sekretaris

28 Oktober 2016

Last modified on Wednesday, 13 September 2017 06:42
More in this category: « Knapsak 18 Knapsak 34 »