Geagte Rapportryers en vriende |
INLEIDING |
Het julle al die moeite gedoen om met die plaaslike hoërskoolhoofde in gesprek te tree oor die toekomsgerigtheid van kinders wat binnekort die skool gaan verlaat? |
Het julle dalks in die gesprek kennis geneem van kinders (veral Afrikanerseuns) wat in die hoof se kantoor sit en huil uit radeloosheid oor wat van hulle gaan word? Daar word onregverdig teen hulle gediskrimineer wanneer dit kom by keuring vir naskoolse opleiding en werksgeleenthede ongeag hulle skoolprestasies. |
Kan ons bekostig dat die volgende generasie in hopeloosheid verval oor hulle toekoms in hul vaderland? |
Ons ouer garde wat in die vorige bedeling dit makliker gehad het en nou ʼn gevestigde bestaan voer of ʼn rustige oudag geniet, behoort vastrapplekke aan die jeug te bied sodat hulle nie hooploos en uitsigloos die toekoms in Suid-Afrika hoef in te gaan nie. |
Hierdie uitgawe van die Knapsak word uitsluitlik gewy aan aksies gerig op jeugbemagtiging. Verskoon asseblief die groot gapings. Insetsels is soms in ʼn formaat wat bo die sekretaris se redaksionele en tegnologiese vuurmaakplek is! |
UIT DIE RAPPORTRYERRAAD |
Gereeld hoor ʼn mens die verskoning van potensiële lede dat hulle nie kan aansluit nie weens gesinsverpligtinge. Die provinsiale voorsitter van Noordwes, David Fensham, is egter nie een van hierdie slapsak jansalies nie! Na jare se sukkel het hy en Liese nou al drie spruite, ʼn dogtertjie en tweeling seuns! Dit skrik egter nie hierdie gemotiveerde paartjie af om hul Rapportryer verantwoordelikhede met entoesiasme effektief uit te voer nie – al is dit nodig om die dogtertjie wat nie sonder Pa se aandag aan die slaap kan raak nie in die motor om die blok te ry terwyl hy steeds aktief deelneem aan ʼn Skypevergadering! |
Voorwaar ʼn pragtige voorbeeld en inspirasie tot beskaming vir ander wat soms gerieflike verskonings gebruik om hul bydrae te weerhou! |
|
Rapportryerraadslid David Fensham en Liese met hul tweeling tydens die Rapportryerraadsbyeenkoms te Struwig (die dogtertjie was toe al rustig In droomland!) |
|
BYBELVASVRA-BAROMETER VIR 2019 |
|
Hier is die bydraes wat tot dusver van korpse en ander skenkers ontvang is: |
Boksburg-korps - Nog geen bydrae nie |
Pretoria Jakaranda-korps - R9 500 |
Vereeniging-korps - R4 000 |
Newcastle-korps - R25 000 |
Klerksdorp-korps - R4 000 |
Magaliesburg-korps - R1 400 |
Rustenburg Boekenhout-korps - R20 000 |
Graaff-Reinet Spandau-korps - Nog geen bydrae nie (R4 200 beloof) |
Grahamstad-korps - Nog geen bydrae nie |
King Williamstown-korps - Nog geen bydrae nie |
Ugie/Maclear-korps - Nog geen bydrae nie |
Bethlehem-korps - R4 200 |
Bloemfontein Oranje-korps - R1 000 (R4 200 beloof) |
Riebeeckstad Koppie-Alleen-korps - R1 000 |
Caledon-korps - R2 293 |
Wellington-korps - Nog geen bydrae nie |
Jan Fourie (Bloemfontein) - R1 000 |
Danie Hoffman (HK-lid Krugersdorp) - R500 |
Ons is bewus van Boksburg-korps en Jakaranda-korps wat planne maak om ʼn bydrae te maak of hul bydrae te verhoog. Daar is egter geen duidelikheid oor wat die ander korpse wat nog nie presteer het nie in die mou voer nie! |
STRUWIG EKO-RESERVAAT : NATUURBEWARING-ERVARING |
Hierby aangeheg is ʼn inligtingpamflet vir julle aandag. Probeer asseblief julle netwerke inspan om hierdie besonderse geleentheid te baat te neem. |
KORPSNUUS |
Bethlehem: |
Die kenmerkende koue winters in hierdie geweste het verdere beslag gegee aan die gebruik om geen ledevergaderings in Julie te hou nie. Daar het egter ʼn behoefte ontstaan om ʼn teenvoeter vir die ongesellige “winterslaap” te kry met ʼn “Winteraand/Kaggelvuurbyeenkoms” waarby die dames ook betrek word. Hierdie knusse sosiale byeenkoms is dan opgehelder met ʼn tradisionele ete en ʼn vasvra oor die Afrikaanse taal, aktuele sake en heerlike samesang. |
Hierdie jaar het die korps egter besluit om die geleentheid te kombineer met Jeugmaand wat ongelukkig in die Junie-skoolvakansie val. In die verlede is die matrieks van die dorp deur die korpse onthaal en weens koste later beperk slegs tot die leerlingraad. Hierdie mooi gebruik het egter mettertyd heeltemal in onbruik verval. Die korps het dus die Hoofseun en Hoofmeisie van die twee plaaslike hoërskole uitgenooi om hierdie jaar die informele huisfunksie met sop en broodjies by te woon. |
Die oogmerk van hierdie aksie was veeldoelig: |
1. Om die groterwordende generasiegaping te probeer oorbrug deur die twee groepe se kultuurbelewing met mekaar te deel en raakvlakke te vind; |
2. Die jong geslag te verseker van ons ondersteuning en om moontlik as rolmodelle en mentors op te tree waar dit kan help om vir hulle vastrapplekke vir hul toekoms te gee in die huidige onseker omgewing waar daar beperkte geleenthede vir die blanke jeug bestaan. |
3. Die borrelende energie en positiewe entoesiasme van hierdie jong leiers het ook die ouer garde geïnspireer om uit hul gemaksones te kom en uit te reik na die jeug! |
|
Alta Eichstädt, Sarie von Well, Rapportryers Dawie Kriel en Ben Jacobs Cara van Wyk (Hoofmeisie Voortrekker Hoërskool), Chrisné Kruger (Hoofmeisie Witteberg Hoërskool) Joshua Dalton (Onderhoofseun Voortrekker) en Marnus Zaaiman (Hoofseun Witteberg) |
Wellington: |
Die volgende verslag oor hulle eerste suksesvolle Ouboet-poging is van hierdie korps ontvang. |
|
Rapportryergroete! Danie Eichstädt Sekretaris |