
LIDMAATSKAP
VEREISTES VIR LIDMAATSKAP:
Christenskap.
Afrikaanssprekend.
'n Liefde vir die Afrikaanse taal en die Afrikanerkultuur.
Nie lid van `n organisasie waarvan die grondwet strydig is met dié van die Rapportryerbeweging nie.
WAT BIED DIE RAPPORTRYERS?
U word ’n lid van ’n NASIONALE organisasie wat eenders dink en voel oor die visie, strewe, doelstellings en waardes van die organisasie.
LIMAATSKAP STEL U IN STAAT OM:
Sosiaal te verkeer met eendersdenkende mense en hegte bande te vorm, saamkuier en onbevange Afrikaans te kan wees.
U gedagtes en kwellings te deel met mense wat ook soos u voel en dink.
U te bevind binne ‘n struktuur wat u in staat stel om vir u medemens van waarde te wees, deur op verskeie maniere diens te lewer aan u gemeenskap.
U kan as deel van u korps kreatiewe projekte in u gemeenskap begin.
U kan meedoen aan Nasionale projekte soos die:
U kry die geleentheid om netwerke op te bou en in aanraking te kom met mede-Afrikaners uit verskillende agtergronde en beroepe.
U het toegang tot die groter Afrikanerkultuurgemeenskap, omdat die organisasie se hoofbestuur, in samewerking met ander Afrikaanse organisasies, aktuele onderwerpe bespreek en van tyd tot tyd saamwerk aan gemeenskaplike doelwitte.